Dienste

KENNISOORDRAG

‘n Groot persentasie van ons boere is vasgevang in ‘n finansiële skuld-siklus en vertrou op insette vanaf belangegroepe wat hoofsaaklik op hul eie winsbejag gefokus is en nie wat die beste is vir ons boere nie. Faktor2 wil ‘n platform skep waar ons boere hulself kan bemagtig deur ingeligte besluite te neem met betrekking tot die kwaliteit van hul grond, wat op sy beurt ‘n direkte effek sal hê op opbrengs met strooptyd en dus ons boere se finansiële welstand.

Faktor 2 se dienste sluit onder andere die volgende in:

 

Aanbiedings by kleiner groepe boere, landboukundiges of individue

 


Hou van formele boeredae in samewerking met bv. Studiegroepe en streeks Landbou-unies

 


Skryf van tegniese artikels en die publisering daarvan in relefante media

 


Deelname op uitnodiging aan simposia en kongresse

 


Verskaffing van skakels na gepubliseerde artikels in die elektroniese media

 


STEL JY BELANG?

Hendrik Smith: hendriksmith@faktor2.co.za +27 83 740 0297
Gawie du Toit: gawiedutoit@faktor2.co.za +27 83 630 1330

KONTAK ONS